Skip to main content Skip to footer

Sanri Steyn omnibus 3 Uittreksel

Sanri Steyn omnibus 3

Skrywer: Theresa van Baalen

Ouderdom: 9+

Voorgestelde grade: Graad 4 en 5 Huistaal en Graad 6 en 7 Eerste Addisionele Taal

Sanri Steyn droom daarvan om eendag ’n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef Sanri en haar beste vriend, Markus, allerlei vreemde avonture – van vampiere wat op die dorp kom woon, tot ’n weerwolfmeisie wat haar opwagting in hul klas maak! Die aweregse humor en lekker grillerige avonture in hierdie gewilde reeks sal seuns en meisies vasgenael hou!

Die derde Sanri Steyn-omnibus het ’n bekostigbare prys EN sluit ’n splinternuwe storie in. Die titels in hierdie omnibus is:

  • Die rustelose mummie
  • Die geraamte se geheim
  • Die besoek van die meerminne

Klik hier om die eerste hoofstuk van Sanri Steyn Omnibus 3 deur Theresa van Baalen te lees.